Your Recipe Blog

MAALVLEIS EN PORTOBELLO SAMPIOENE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 - 50 minute

MAALVLEIS EN PORTOBELLO SAMPIOENE

  • 2 pakkies portobello sampioene (om en by 13 sampioene)
  • 1 pakkie spek stukkies
  • 500 g maalvleis
  • margarien
  • olie
  • sout en peper
  • Robertsons feshly ground country herb blend
  • 1 groot ui
  • Kaassous: ongeveer 2 – 3 koppies of na gelang
  • 2 eetlepels margarien
  • 1 koppie gerasperde kaas
  • 2 koppies melk
  • 2 eetlepels koekmeel
  • Ekstra:
  • gedroogde broodkrummels
  • roomkaas
  • knoffel en kruie (crushed garlic and herb mix)
  • 2 teelepels suiker

Breek steeltjies uit sampioene en plaas in oondvaste bak.
Smelt botter/margarien met so 2 opgehoopte teelepels knoffel en kruie mengsel.
Skep lepeltjies vol van die gesmelte botter mengsel oor elke sampioen.

Braai spek in bietjie margarien en olie.
Wanneer amper gaar, voeg maalvleis by en snipper sampioen stingeltjies ook in.
Sout, peper en Robertsons herb blend  na smaak.  Braai tot gaar.
Skep oor sampioene.
Skep bietjie roomkaas volgende op. Sny ui lekker fyn op en braai in selfde pan as waarin spek gebraai was.
Voeg nog bietjie margarien en olie by as wil.
Opsioneel is so 1 tot twee teelepels suiker sodat dit help met karamalisering.
Kan ook klein bietjies water op ‘n slag bygooi om die pan te ‘de-glaze’.
Skep die droog gebraaide gekaramaliseerde uie bo-oor.

Maak gewone witsous deur margarien te smelt in pan of ‘n kastrol, voeg melk by en meng meel in. Kook oor lae hitte tot glad en gaar. Voeg genoeg gerasperde kaas in om lekker kaassous te maak. Skep bo-oor die sampioene.

Nota:
Hoeveelhede van bestanddele vir kaassous sal afhang van hoeveel kaassous u wil maak. Kan ook sommer klaar kaassous koop en gebruik indien verkies.
Rond af deur broodkrummels oor die gereg te strooi.
Bak in voorverhitte oond teen 180°C vir so 40-50 minute of tot sampioene lekker gaar is en sous dik gebak.
Bedien met slaai.

Variasie:
Vul sampioene met knoffel botter, room spinasie en gaar lensies en strooi gerasperde kaas oor.
Bak en geniet saam slaai.
Kan maklik ook die twee resepte vermeng om nog variasies te verkry.
Lekker eet!

Resep en Foto: Erika Foot

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page