Your Recipe Blog

MAALVLEIS EN MACARONIGEREG

MAALVLEIS EN MACARONIGEREG

  • 375 ml macaroni
  • 380 g maalvleis
  • 10 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 30 ml tamatiepasta
  • 5 ml brandrissiepoeier
  • 5 ml paprika
  • 3 ml droë origanum
  • 20 ml wit of bruin suiker
  • 1 blik (410 g) ingemaakte tamaties
  • 10 ml basil pesto
  • 250 ml gerasperde kaas
  • sout en peper na smaak

Maak die macaroni gaar volgens die aanwysing op die verpakking. Dreineer en hou warm.
Verhit ‘n pan oor matige hitte en braai die maalvleis ongeveer 3 minute of tot bruin.
Skep die gaar vleis uit met ‘n gaatjieslepel en hou dit eenkant.
Verhit die olie in dieselfde pan en braai die ui en knoffel vir ongeveer 2 minute.
Roer die tamatiepasta, rissiepoeier, paprika, origanum, suiker en ingemaakte tamties by.
Plaas die maalvleis terug in die sous en prut verder vir ongeveer 10 minute. Roer af en toe.
Geur die mengsel met sout en peper na smaak.
Roer die maalvleismengsel by die macaroni, strooi die kaas oor en meng deur.  Bedien warm.

Foto en resep:  Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page