Your Recipe Blog

MAALVLEIS- EN EIERGEREG

MAALVLEIS- EN EIERGEREG

  • 1 kg maalvleis
  • 1 ui, gekerf
  • 250 g sampioene, gekerf
  • 200 g spek, gekerf
  • 125 ml blatjang
  • 1 teelepel knoffel
  • 8 eiers
  • 250 ml room
  • 400 g Chedder kaas, gerasper
  • Italiaanse kruie
  • sout en pepper

Braai die spek tot bruin, skep uit en sit eenkant.
Braai dieui saam knoffel en sampioene tot gaar. Skep uit en voeg by die spek.
Braai die maalvleis tot bruin en gaar saam met die blatjang, kruie en speserye.
Skep maalvleis uit in’n vergiettes sodat al sous en olies afloop, mengsel moet nie te souserig wees nie.
Klits eiers room, sout en peper goed saam. Meng helfte van die kaas by die eiermengsel.
Skep die maalvleis- en spekmengsel in ‘n oondbak, skep die eiermengsel bo-oor.
Sprinkel die res van die kaas bo-oor en bak in ‘n voorverhitte oond by 180°C vir ongeveer 30 – 35 minute.

Nota:
Kan jalapeños byvoeg indien verkies.

Resep en foto: Suenell Liebenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page