Your Recipe Blog

MAALVLEIS EN BIERPASTEI MET DEEGWIELE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40-50 minute

MAALVLEIS EN BIERPASTEI MET DEEGWIELE

Dit is regtig baie lekker… en die spinasie en Feta kan weggelaat word, maar dit maak dit besonders lekker.

  • 250 g knoppiesampioene, middeldeur gesny
  • 1 groen soetrissie, in blokkies gesny
  • 500 g gaar maalvleis
  • 150 ml bier
  • 2 teelepels Worcestershire sous
  • 2 eetlepels Bisto poeier, opgelos in ‘n bietjie water
  • 1 rolletjie (400 g) skilferkorsdeeg (puff pastry), ontdooi
  • 1 koppie belee Cheddarkaas, gerasper of roomkaas
  • 1 – 2 wiele Fetakaas
  • fyn gekapte spinasie, na smaak
  • 6 eetlepels Italiaanse pietersielie, gekap
  • 1 eetlepel tiemie, gekap
  • 1 eier, geklits met bietjie melk

Voorverhit die oond tot 200ºC.
Verhit olyfolie in ‘n pan en braai die sampioene en soetrissie tot gaar.
Voeg die gaar maalvleis by en dan die bier, Worcestershire sous en Bisto.
Verhit die mengsel tot kookpunt en draai dan die hitte laer sodat dit vir 20 min kan prut.
Skep die vleismengsel in ‘n oondbak en laat dit heeltemal afkoel.
Rol die skilferdeeg oop op ‘n meelbestrooide oppervlak.
Strooi die kaas, of smeer die roomkaas indien jy dit gebruik oor die deeg, sprinkel dies 2 eetlepels pietersielie, tiemie, feta en spinasie oor die deeg en rol dit weer op.
Sny met ‘n riffeltand mes in skywe van 1.5 cm en rangskik die wiele op die afgekoelde vleis (die vleis moet heeltemal afgekoel wees).
Verf die deeg wiele met die eier waarby ‘n bietjie melk geklits is want dit gee ‘n mooi goudbruin kleur.
Bak die pastei vir 20 min of totdat die deeg uitrys en gaar is.
Sprinkel die res van die pietersielie oor en bedien met ‘n slaai.

Resep aangepas en foto deur Wanja Jardim

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page