MAALVLEIS “BEEF WELLINGTON”
Ek het besluit en die Mince beef Wellington gemaak.
- 1 rol skilferkorsdeeg
- 1 medium groot ui
- 1 wortel
- 1 stingel seldery
- 1 medium aartappel
- 4 takkies roosmaryn, opgekap
- 2 eetlepel olyfolie
- 500 g maalvleis
- 1 teelepel sout en peper elk
- 1 geklitste eier
Voorverhit oond op 180 ºC.
Skil en sny die ui, seldery, aartappel en wortel in klein 1 cm blokkies.
Plaas die olyfolie en al die groente en roosmaryn in ‘n pan en braai op lae hitte braai vir ongeveer 8 minute tot sag.
Laat eenkant om af te koel.
Plaas maalvleis saam afgekoelde groente en half van die geklitste eier in ‘n mengbak en meng goed deur.
Voeg sout en peper by en meng goed deur.
Rol deeg uit so groot soos ‘n vadoek.
Skep maalvleis op die kant van die lengte van deeg soos ‘n wors.
Borsel die kante van die deeg met geklitste eier en rol opsoos ‘n rolkoek, druk kante mooi toe om te seël.
Plaas rol op gespuite bakplaat en smeer met met die res van die geklitste eier.
Plaas in die voorverhitte oond en bak vir 1 uur tot goudbruin.
Bedien saam met groente van jou keuse.
Resep en foto: Salome Brewer