Your Recipe Blog

MAALTYDPLAN VIR ‘N MAAND

MAALTYDPLAN VIR ‘N MAAND

Pryse soos in 2024 en aankope gedoen op afgemerkte produkte omdat dit reeds by die vervaldatum is en uitgegooi gaan word (nog bruikbaar) of omdat dit die spesiale prys vir die tydperk is. Groente en vleis gekoop by plaaslike groentemark en supermark of slaghuis.

  • GROENTE AANKOPE: (Totaal R291)
  • 3 kg wortels R45
  • 8 pakke groenboontjies R80
  • 3 kg botterskorsie R20 (naby uitgooi)
  • 3 kg uie R30 (naby uitgooi)
  • 2 kg patats R20
  • 3 pakke gemengde soetrissies R21 (naby uitgooi)
  • 7 kg sak aartappels (nie meer as R70)
  • 9 bosse spinasie (3 for R20, as dit op spesiale prys is)
  • 3 koolkoppe (R45 spesiale prys)
  • VLEIS AANKOPE: (Totaal R720)
  • R100 maalvleis
  • R200 bees vleisbene
  • R200 vark vleisbene
  • R120 vir 2 heel hoenders
  • R100 skaap (as jy kan kry)
  • 2 kg plain soja maalvleis R80 (apart)
  • ANDER AANKOPE: (nie bygereken nie)
  • ± 4 klein pakkies gevriesde groente R10 elk
  • 3 kg macaroni
  • kaas vir macaroni en kaas
  • rys en pasta, gebruik na smaak as bykos
  • sampioene, vars of in blikkies
  • tamaties vir bredie
  • sout, peper, speserye en sousbestanddele

Kook dieselfde dag al die groente, verdeel in 500 ml bakke, behalwe die kool.
Met die kool, maak eers ouvrou onder die kombers met die buite blare, sny dan die binne blare en res van die kop fyn en kook vir kerrie kool.
Kry gewoonlik so 7 – 8 bakke per groente uit.
Kry amper 42 bakkies groente uit die 6 verskillende groentes.
Sny die soetrissies fyn en sit by vleis disse wanneer dit kook.
Kook die vleis alles op dieselfde tyd en verdeel in bakkies.

BEESVLEIS:
Kook die bees vleisbene in die drukkoker om al die vleis af te kry (jy sal verbaas wees hoeveel jy kry).
Maak “pepper steak” pasteie (kook bietjie fyn aartappel blokkies by om meer te maak).

  • Deeg:
    Meng saam, voeg koue water by tot stywe deeg:
  • 250 g margarien
  • 1 eier
  • 4 koppies koekmeel
  • knippie sout

Maak bees kasserol – voeg aartappels en 2 van die klein pakkies gevriesde groente by.
Maak bees kerrie.
Kry uit die R200 se beesvleis:
4 ronde pastye (melktert grootte)
5 – 6 bakkies beesvleisbredie
3 – 4 bakkies kerrie (enige oorblywende gravy gaan vir oor pastye)
Dis 14 aande se aandetes.

MAALVLEIS:
3 pakkies is R75. Meng met soya maalvleis om frikkadelle te maak vir ouvrou onder die kombers met kool.
Kry so 6 bakke uit.
Gebruik die ander pakkie ook saam met soya maalvleis en maak “savory mince” vir oor pasta.
Kry so 2 bakke uit.
Dis 8 aande se etes.

SKAAPVLEIS:
Maak die volgende met die skaapvleis, (as jy gelukkig is om te kry):
Tamatie bredie, kry so 4 bakke uit.
Dis 4 aande se etes.

VARKVLEIS:
Kook 4 pakke van die vark beentjies in die drukkoker om die vleis van die been af te kry (jy sal verbaas wees).
Maak soetrissie vark kasserol met die soetrissies wat ek gekoop het.
Kry so 5 – 6 bakke uit.
Bak die ander beentjies 1 of 2 op ‘n slag in die airfyer en gooi “sweet en sour” sous oor. Dis net soos ribs.
Kry so 3 – 4 aande se etes daaruit.
Die vark gee dus nog 8 aande se etes.

HOENDER:
Kook 1 hoender heel in die drukkoker en ontbeen.
Gebruik die bors gedeeltes vir hoender en sampioene oor rys.
Kry so 4 bakke uit.
Maak hoender- en sampioenpasteie met die res.
Kry 4 uit.
Maak suurlemoen hoender / hoender kasserol (voeg weer 2 klein sakkies gevriesde groente by) met die ander hoender.
Kry so 4 – 5 bakke uit.
Hoender gee dus omtrent 12 aande se etes.

Die vleis gee dus omtrent 42 aande se etes.
Dit word verpak, naam op geskryf en gevries.
Maak ‘n voorraadlys en merk af soos dit gebruik word.
Voer ‘n gesin van 3 vir onder R1500 per maand vir aandetes met ‘n behoorlike helping en gebalanseerde etes.
Kook slegs ‘n bietjie rys in die mikrogolf, of kapokaartappels of pasta by.
Jy kan ook Mac & cheese maak en dit vries. Doen dit met ‘n 3 kg macaroni en kry 7 etes uit.
So kook jy nie elke aand nie en bespaar elektrisiteit.
Gekry op “So goedkoop moontlik” groep.

Idees en foto’s: Elsa Lax

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page