Your Recipe Blog

MAAK VAN BOONTJIE- OF LENSIESPRUITE

3½ tot 4 dae

MAAK VAN BOONTJIE- OF LENSIESPRUITE

Jessie Vermeulen – Ek baie lief vir saadjies (sprouts) in my slaaie en ons kry dit nie hier in die Namibwoestyn nie. Het so so bietjie ge-eksperimenteer en binne 24 uur het die saadjies ontkiem en ek het genoeg vir ‘n ruk. Het Chick Peas, Lensies en Mung Beans gebruik.

  • Vir lensiespruite gebruik die volgende of vervang net die lensies met bone van jou keuse:
  • skoon glasbottel
  • gesnyde gaasdoek om gemaklik oor bottelopening te pas
  • rekkie om gaas in posisie te hou
  • heel bruinlensies

Plaas genoeg lensies in die bottel, om bottel ¼ te vul.  Bedek die lensies met koue water, plaas gaas en rekkie oor die opening en laat lensies vir 12 ure staan.  Dreineer die water en plaas die bottel (bedek met gaas en rekkie) in ‘n sonnige vensterbank.  Bedek weer die lensies die volgende dag met water, skud die bottel liggies, dreineer die water, bedek die bottel weer met die gaas en rekkie en plaas terug in die vensterbank.  Herhaal dié proses daagliks en na 3 tot 4 dae gaan die uitloopsels begin verskyn en is dit gereed vir gebruik.
Indien verkies, kan die proses herhaal word totdat die blaartjies verskyn voordat dit gebruik word.  Sodra uitloopsels gereed is, moet die uitloopsels nie meer water kry nie.
Stoor die uitloopsels in dieselfde bottel met gaas en rekkie om, in die yskas.
Die uitloopsels kan tot 2 weke gestoor word in die yskas.

Wenke:
Die sopmengsel (4 bestanddele) in pakkies, kan ook gebruik word, of peulsade van eie keuse.  Hou in gedagte dat hoe groter die sade is, hoe langer neem dit om te ontkiem en uit te loop.

Moenie bottel meer as ¼ vul nie, soos die sade uitspruit, vul hulle die bottel en indien die bottel te vol is, kan die sade nie lekker uitspruit nie.

Metode en 2de foto’s:  Marcia Blom
Hoof foto:  Jessie Vermeulen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page