MA SE LEKKER HOENDERPASTA
My ma het dit altyd Saterdae vir ons gemaak.
- 1 pakkie klein skulpie noedels
- 1 pakkie spek, gesnipper
- 2 koppies Cheddar kaas
- 2 pakkies dik sampioen soppoeier
- 1 bakkie sampioene, gekerf
- 1 ui, opgesny
- 1 klein soetrissie
- 1 heel hoender, gekook en gevlok
Braai die ui, sampioene, soetrissie en spek in bietjie olie tot sag. Voeg die gevlokte hoender by en braai nog so bietjie. Hou een kant.
Maak die 2 pakkies soppoeier aan met 3 koppies koue water en kook op stoof tot gaar en lekker dik.
Kook noedels soos normaal en spoel af.
Plaas die noedels in ‘n oond pan, meng die hoender en spekmengsel by, roer lekker deur. Giet die aangemaakte sop oor van hoek tot kant, roer weer lekker deur.
Sprinkel die kaas bo-oor en bak vir so 10 min op 180˚C, verstel oond en braai tot kaas goud bruin is.
Nota:
Addisionele sout sal nie benodig word nie, die sop en spek verskaf genoeg sout.
Dis ‘n lekker dis glo my en jy eet net ‘n bietjie dan is jy versadig, bedien met ‘n slaai – ek maak sommer ‘n mengelslaai.
Resep en foto 2: Belinda Minnie
Foto 1: Adam Cloete