MA SE BOONTJIESOP IN DIE DRUKPOT
- 1 pakkie rooi spikkelboontjies, oornag geweek in kook water
- 1 houertjie tamatie puree
- bees sopbene
- stowe vleis
- vark spek
- 3 wortels
- 3 stingels seldery
- 2 uie
- 3 huisies knoffel
- pietersielie
- 2 blokkies bees aftreksel
- 1 eetlepel elk van die volgende; koljander, tiemie, origanum, basil
- 1 teelepel elk van die volgende; komyn, sout, peper
- 3 naeltjies
- 3 lourierblare
- Worcestersous en blatjang, na smaak
- 500 ml tuisgemaakte benesous “bone broth” (resep onder)
- 1 pakkie tamatiebrediesous
Pak die drukpot met uie, wortels, knoffel en seldery.
Pak dan die bene, vleis en spek bo-op die groente. Sprinkel die speserye oor.
Plaas bone bo-op.
Giet die “bone broth” bo-oor.
Sit drukpot op hoog tot hele storie begin kook, sit dan op auto vir so 6 ure en daarna op low oornag.
Ek sit dit lank op, my keuse.
Haal bene uit, murg moet uit wees al.
Voeg dan die pakkie tamatiebrediepoeier by en kook net deur.
Bedien met tuisgemaakte vetkoek en kaas.
- Benesous resep (bone broth):
- sopbene
- skenkels
- stowevleis bene
- sout en peper, na smaak
- tiemie en pietersielie, 1 teelepel van elk
- 3 lourierblare
- ¾ koppie asyn
- 3 stingels seldery
- 3 wortels
- 3 knoffelhuisies
- 2 uie
Week bene behalwe vleis bene in 1 liter water saam met asyn vir ‘n uur.
Braai jou gekerfde ui, seldery, knoffel en wortels in bietjie olyf olie in stoompot.
Voeg die vleisbene en die geweekte bene saam met asyn water en res van die bestanddele in ‘n pot.
Kook vir 20 tot 22 uur op laag. Gebruik in die boonste sop resep.
Resep en foto: Lelane Van Der Walt