MA RUTH SE KLAPPERROOM HOENDERKERRIE
Resep en foto: Suretha Jansen de Swardt
- 8 – 10 hoender porsies, afgewas
- 1 groot ui, fyngekap
- 2 – 3 knoffelhuisies
- 1 blik 400 g heel geskilde tamaties
- 250 ml klapperroom
- 1 groen soetrissie, nie te grof gekap nie
- olie
- 1 teelepel fyn gemmer (vermeerder na smaak/grootte –maak myne hoogvol)
- 2 eetlepels kerriepoeier (ek het Rajah mild gebruik)
- sout en peper
- Soteer ui en knoffel tot deursigtig in bietjie olie.
- Voeg die gemmer, kerrie en peper by en laat die geure ontwikkel (so ½ min). Lg. maak vir my tog ‘n groot verskil.
- Voeg hoenderporsies by en die bietjie afspoel watertjie onder in die bak.
- Sny tamaties fyner en voeg by saam met die sous van die tamaties. Sout na smaak.
- Stel plaat af na ‘n stadige prut. As dit te droog lyk voeg nog bietjie water by, maar wees versigtig met die water.
- Hou ingedagte dat die klapperroom nog moet by kom.
- Prut vir ongeveer 40 – 45 min of tot jy sien die vleisies is lekker sag.
- Voeg klapperroom en gekapte groen soetrissie by.
- Roer deur en laat lekker deur prut. Nog so 10 min kan nie skade doen nie.
Category:












