Your Recipe Blog

MA RUTH SE KLAPPER HOENDER KERRIE

MA RUTH SE KLAPPER HOENDER KERRIE

  • 8-10 hoenderporsies, afgewas
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 2-3 knoffelhuisies
  • 1 blik 400 g heel geskilde tamaties
  • 250 ml klapperroom of room
  • 1 groenrissie, nie te grof gekap nie
  • olie
  • 1 teelepel fyn gemmer (vermeerder na smaak/grootte –maak myne hoogvol)
  • 2 eetlepels kerrie (ek het Rajah mild gebruik)
  • sout en peper

Soteer ui en knoffel tot deursigtig in bietjie olie. Voeg die gemmer, kerrie en peper by en laat die geure ontwikkel (so ½ min. dit maak vir my tog ‘n groot verskil. )
Voeg hoenderporsies by en die bietjie afspoel watertjie onder in die bak.
Sny tamaties fyner en voeg by saam met die sous van die tamaties.
Sit sout by na smaak.
Stel plaat af na ‘n stadige prut. As dit te droog lyk gooi nog bietjie water by, maar wees versigtig met die water.
Nota:
Hou ingedagte dat die klapperroom/room nog moet by kom.

Prut vir ongeveer 40-45 min of tot jy sien die hoender is lekker sag.
Voeg klapperroom/room en gekapte groenrissie by.
Roer deur en laat lekker deur prut. Nog so 10 min kan nie skade doen nie.
Bedien op rys saam met klapper en piesang of soos verkies.

Resep en foto:  Suretha Jansen de Swardt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page