Your Recipe Blog

MA LENA SE SPINASIEROLLETJIES

MA LENA SE SPINASIEROLLETJIES

Hierdie is my Ouma Lena se resep, wat sy gereeld in die laaste 10 jaar van haar lewe gemaak het. Niemand weet waar sy dit gekry het nie, net dat dit ‘n mikrogolf resep was en dat dit heerlik was! Het dit vannaand vir die eerste keer self gemaak, op die stoof en dit is baie baie lekker (alhoewel bietjie moeite).
Dit is Ma Lena se spinasierolletjies- heerlik saam met enige vleis of braaivleis, of koud uit die yskas die volgende dag.

  • Rolletjies:
  • Een bos spinasie, gewas en wit are uit gesny
  • 1 groot ui, gekap
  • 80 g botter
  • 2 groot wortels, gerasper
  • 1 groot aartappel, gerasper
  • 1 blikkie geroomde sampioene
  • 1/2 koppie gerasperde kaas of meer na smaak
  • Sout, peper en gemengde kruie, na smaak
  • Witsous:
  • 2 eetlepels botter/margarien
  • 4 eetlepels koekmeel
  • 600 ml melk
  • Sout en peper na smaak
  • 1/2 koppie kaas, gerasper.

Vir die witsous:
Smelt botter in ‘n pot. Roer koekmeel by en verhit 2 min. Klits melk oor lae hitte by tot sous verdik. Voeg sout en peper na smaak by, asook kaas.  Roer tot alles glad en gesmelt is. Haal van die stoof af en hou eenkant.

Vir die rolletjies:
Was spinasie en sit eenkant. Braai ui in botter tot ligbruin. Voeg wortel en aartappel by, en braai 10 min.
Roer sampioene, kaas en geurmiddels by. Neem spinasieblare, skep ‘n groot eetlepel vulsel op elkeen, en rol op.  Plaas in oondvaste bak. Giet die witsous bo-oor die rolletjies en rasper kaas bo-op.
Bak 60 min by 180ºC tot goudbruin.

Resep geplaas deur Ilze Garbers Jacobs
Foto:  Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page