Your Recipe Blog

LUIGAT GEBAKTE BOTTERSKORSIE

Recipe by
Cook: 1 uur

LUIGAT GEBAKTE BOTTERSKORSIE

“Njamm!”

  •  1 medium botterskorsie
  • ¼  van ‘n 500 g botter of kunsbotter (125 g), in blokkies gesny
  • 4 eetlepels suiker
  • paar knippies kaneel

Verhit oond tot 180 °C.
Sny die botterskorsie in die lengte, halveer, ontpit en sny in een cm skywe (met skil).
Smeer ‘n oondbak (met deksel) met botter.
Plaas die botterskorsie skywe in die oondbak sodat dit oorvleuel.
Versprei die botterblokkies eweredig oor die botterskorsies.
Strooi suiker en kaneel oor.
Plaas die deksel op die bak en bak in die oond vir 40 minute.
Haal die deksel af en oondrooster/bak die gereg vir ongeveer nog 20 minute totdat die botterskorsies bo-op gekaramaliseer het.

Resep en foto: Stef Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page