LUI VROU WORS EN RYSGEREG
- 2 koppies rou rys
- 1 pakkie wors, in stukke gesny
- 1 ui, in blokkies gesny
- 1 aartappel, in blokkies gesny
- 1 pakkie soppoeier
Strooi die rys onder in ‘n oondbak.
Pak worsstukkies bo op die rys.
Pak die uie en aartapoel bo oor.
Maak die soppoeier aan met so 4 koppies water en giet bo oor.
Bedek en bak ongeveer 1 uur tot alles gaar en sag is in matige oond (180°C).
Nota:
Jy kan na smaak blatjang, ens ook by sit.
Gemengde groente werk ook lekker saam met die rys.
Foto en resep: Hestelle Cordier
Baie dankie vir handige resep.
Die gereg werk glad nie. Het dit vandag probeer omdat krag af was en tyd min was. Aartappels en uie na meer as ‘n uur en ‘h half nog kliphard terwyl rys en wors gaar en droog was.
Hi Mariaan
Regtig jammer om te lees, maar daar moet ‘n ander probleem wees, as jy genoeg vloeistof het, en alles was toe met ‘n deksel of foelie, en jou hitte is reg, is dit amper onmoontlik dat dit na ‘n uur nog nie sag is.
Ek vermoed jou vloeistof was te min, dis hoekom jy se dit was droog. Die gereg is al ‘n paar keer met sukses gemaak, so ek is regtig jammer oor jou ondervinding.
Baie dankie, het dit vanaand gemaak.Dis was heerlik verby!!