LUI HUISVROU GROENTESOP
Lui huisvrou se blitsvinnige groente sop! Ek was nou baie lus vir sop met die koue reën weer hier by ons en toe binne 5 min die sop gemaak! Baie lekker!
- 1 pakkie smash (104 gr)
- 800 ml kookwater
- klontjie botter
- 250 ml fyngekapte gemengde groente
- sout en peper en enige kruie of speserye van jou smaak. Ek het ‘n halwe teelepel kerriepoeier en 1 eetlepel tamatiesous gebruik.
- Groente: Rou of gaar:
- enige rou groente van jou keuse bv: gerasperde wortel, spinasie, ui, rooi soetrissie, broccoli en mielies.
Indien gaar groente verkies word, kan dit net so bygesit word - gaar spekblokkies of enige ander gaar vleis
Indien jy rou groente gebruik stoom alles tot sag.
Meng kookwater met Smash en roer tot egalig. Indien jy ‘n dunner sop verkies meng meer water by. Geur Smash met botter, sout, peper en speserye.
Meng die groentes by (en vleis indien verkies) en bedien dadelik!
Nota:
Vir ‘n meer romerige sop, kan water met melk vervang word.
Resep en Foto: Penny van Niekerk