LUGBRAAIER SKONS
- 250 ml room
- 250 ml Sprite zero
- 3 koppies bruismeel
- ½ teelepel sout
Verhit die lugbraaier / “air fryer” tot 200ºC.
Meng bestanddele saam tot ‘n sagte deeg vorm.
Verdeel die deeg in gelyke dele (ek het dit in 8 gedeel en in 2 sarsies gebak)
Plaas die deeg op voeringpapier of bakpapier in die lugbraaier, verlaag die hitte na 190ºC en bak vir 13 – 15 minute.
Toets die skons met ‘n tandestokkie of dit gaar is.
Geniet.
Resep en foto: Meyer Combrinck