LUGBRAAIER “PORK BELLY” MET SOUS
Het pork belly in die airfryer vanaand gedoen.
Pork belly eers vir 30 minute in airfryer gesit op 90°C.
- Meng saam vir sous:
- 1 opgehoopte teelepel origanum
- 1 opgehoopte teelepel tumric
- 1 opgehoopte teelepel fyngekapte knoffel
- 1 opgehoopte teelepel fyn komyn
- sout en peper na smaak
- 2 eetleppels kookolie
- 2 eetleppels suurlemoensap
Na die 30 min, haal die pork belly uit, en smeer NET aan die onderkant (vleiskant) met die sous en vryf dit in.
Sit die vleis terug in airfryer met die vet kant na bo.
Geur die velkant goed met sout en spuit bietjie olie oor.
Stel die lugbraaier op 185°C vir 40 minute.
Resep geplaas deur San-Mare Joubert Fourie
Foto: San-Mare Joubert Fourie