Your Recipe Blog

LUGBRAAIER PIESANGBROOD

Recipe by
Cook: 35 min

LUGBRAAIER PIESSANGBROOD

Ek het ‘n hele paar oorryp piesangs gehad en besluit toe om piesangbrood in die lugbraaier te maak. Dit het heerlik gekom en was nogal maklik en vinnig.
  • 150 g koekmeel
  • 1 teetepel fyn kaneel
  • ½ teelepel bakpoeier
  • ½ teelepel koeksoda
  • ¼ teelepel fyn sout
  • 125 g suiker
  • 2  groot eiers, kamertemperatuur
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 6 eetlepels kookolie
  • 3 oorryp piesangs, fyn gemaak
  • 1 klein broodpannetjie (ek het sommer 2 foelie bakkies gebruik)
  • spray and cook

Voorverhit lugbraaier tot 160ºC.
Plaas die meel, kaneel, bakpoeier, koeksoda en sout in ‘n middelmatige mengbak.
Roer totdat dit gemeng is.
Plaas die suiker, eiers, vanilla, olie in ‘n aparte bakkie en klits saam.
Roer die fyn gemaakte piesangs by.
Voeg die nat bestanddele by die meelmengsel en met ‘n houtlepel meng alles goed saam.
Moenie oormeng nie, stop sodra al die meel ingewerk is.
Spuit die pannetjies met spray and cook.
Skep die mengsel in die broodpannetjies.
Lugbraai vir omtrent 35 minute of totdat dit goed gerys het en ‘n pennetjie skoon uitkom.
Laat die brood eers afkoel vir 15 minute voordat dit na ‘n afkoelrakkie oorgeplaas word.

Resep en foto : Dalene Venner

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page