LUGBRAAIER HOENDER EN GEVULDE SAMPIOENE
- Hoender:
- 2 kwarte van ‘n hoender (jy kan ook net dytjies gebruik)
- olie, vir aanverf
- ¼ teelepel sout
- ¼ teelepel fyn swartpeper
- ¼ teelepel gerookte paprika
- ¼ teelepel rooipeper, of na smaak
- ¼ teelepel knoffelsout
- Sampioene:
- 8 groterige sampioene, stammetjies verwyder – ek het ook hulle bietjie uitgehol binne
- ekstra kaas gerasper – cheddar
- 4 – 5 eetlepels roomkaas
- sout en peper, na smaak
- ½ teelepel knoffelsout
- mespunt vars knoffel, fyn stukkies
- 10 druppels jalepeno-tabascosous, opsioneel – kan ook gewone tabascosous gebruik
- 2 handevol babaspinasie, gekerf
Hoender:
Verf ‘n dun lagie olie op die hoenderstukke.
Meng al die speserye vir die hoender saam en sprinkel oor die hoender.
Bak teen 180 °C vir 25 minute.
Ek hou daarvan om eerste met die vel na bo te bak, dan om te draai en weer die velletjiekant na bo vir die laaste vyf minute.
Sampioene:
Meng al die bestanddele en skep dit in die sampioenholtes.
Bedek die gevulde sampioene met die gerasperde kaas.
Bak die sanpioene by 180 °C vir 10 minute.
Bedien saam met gemengde groente met ‘n bietjie botter en Aromat.
Resep en foto: Stephanie Kohrs Ferreira