LUCKY SE GEWILDE PAPTERT
Die familie se kinders kom graag na ons vir ‘n braai net om hul Oom Lucky se paptert te eet.
- Maak groot pot slap papn nommer 2 swart pot vol
- Meng 1 blik room mielies of pitmielies in by die gaar pap
- Sous:
- 1 groot ui, in blokkies gesny
- ¼ van elk groen, rooi en geel soetrissie
- 1 blik tamatie en uie smoor
- 4 middelslag tamaties, skil afgetrek (deur dit in kookwater te sit vir 10 min), sny in blokkies
- 500 g gesnipperde spek
- 250 g ham, in blokkies gesny
- ½ koppie blatjang
- 2 eetlepels braai speserye en kruie na smaak
- 2 koppies gerasperde Cheddar en Mozarella kaas of meer
Braai uie en soetrissies tot sag,
Braai spek tot “crispy” en voeg die uiemengsel saam met die blik tamatie, gesnipperde tamaties en ham by die spek.
Sit die speserye, blatjang en kruie by, en proe vir sout, pas aan na smaak.
Maak lekker baie sous.
Nou begin jy lae pak:
Neem ‘n gesmeerde oondpan.
Sit 1 dun laag pap, dan ‘n laag sous, dan gerasperde kaas, herhaal tot jou oondpan vol is, sluit af met baie gerasperde kaas bo-oor.
Maak toe met foelie en net sodra die mense vleis begin braai, dan sit jy die oond op so 70°C , sit die paptert net so met die foelie in die oond sodat dit weer opwarm.
Nota:
Die geheim is om nie dik lae pap te pak nie.
Resep: Lucky van der Colff
Foto: Meisie van der Colff