LOUWTJIE SE BLOMKOOLSLAAI
Vanaand se blomkoolslaai met knoffel-en-rissiebroodjie. Lekker gebrand. Hoeveelhede word volgens jou voorkeur en aantal gaste bepaal.
- blomkool, rou in fyn blommetjies gebreek
- wortel, fyn repies gekerf
- uie
- tamatie
- groen rissies
- komkommer, dun skyfies gesny
- avokado
- Fetakaas
- gerookte hoenderborsies
- soet rissiesous
- mayonaisse Lite
- neute volgens keuse
Maak die slaai vroeg, en verkil vir ‘n redelike periode.
Plaas al die bestanddele in ‘n mooi opdien bak, meng die mayonnaise deur, maak toe met ‘n deksel of kleefplastiek en plaas in die yskat tot benodig.
Nota:
Ek wissel ook af met broccoli, salami, enige ander vleis, of selfs geen vleis.
Was heerlik in ons hitte.
Resep en foto: Louwtjie Beck