Your Recipe Blog

LOUISE SE WILDSPASTEI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 70 to 80 minute in totaal | Servings: 1 pastei

LOUISE SE WILDSPASTEI

  • skaapvleis met bietjie vet (Omtrent 600 g totaal – dis vir een pastei)
  • 1 x pakkie spek, opgesny
  • 1 groot ui, opgekap
  • Speserye:
  • knippie fyn naeltjies
  • knippie fyn koljander
  • 5 ml vars knoffel
  • 5 ml Ina Paarman Garlic and Herb seasoning
  • ¼ koppie rooiwynasyn
  • 10 ml souspoeier/Maizena/soppoeier om mee te verdik indien verkies
  • 1 rol blaardeeg, yskoud en in yskas ontdooi oornag
  • 1 geklitste eier

Braai die uie, spek en knoffel vir 5 minute.
Voeg die vleis en speserye by.
In stoompot kook die vleis vir 40 – 45 minute.
Laat afkoel en verwyder al die vleis van die bene af en plaas terug in pot sonder die sous.
Voeg nou net genoeg sous by om dit effens souserig te maak.
Jy kan dit ook nou effens verdik indien verkies.
Verhit waaieroond op 180°C en gewone oond op 190°C.
Plaas fyn vleis in ‘n oondbak en rol die deeg bietjie uit en plaas op vleis.
Verf eier oor deeg.
Steek vier gaatjies in deeg vir stoom om te ontsnap.
Bak 30 – 35 minute of tot goudbruin en gaar.
Bedien met geelrys en groente.

Resep en foto: Louise Groenewald

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page