Your Recipe Blog

LOUISE SE UIE-MARMELADE

LOUISE SE UIE-MARMELADE

Bedien saam met ‘n verskeidenheid kase, op soutbeskuitjies met roomkaas of op hamburgers. Dis besonder lekker saam met koue vleis en ook braaivleis en wors.

  • 1,5 kg uie, dik skywe gesny
  • 50 ml heuning of gouestroop
  • 125 ml bruinasyn
  • 125 ml balsamieseasyn
  • 125 ml water
  • 750 ml bruinsuiker
  • 5 ml inlê speserye
  • Knippie gedroogte rissies
  • 10 ml sout
  • 50 ml sonneblom- of olyfolie

Plaas al die bestanddele in ‘n swaarboomkastrol. Bring tot kookpunt, verlaag hitte en plaas deksel op kastrol. Prut dan baie stadig vir omtrent 2 ure. Dis belangrik om af en toe te roer. Haal deksel laaste 20 minute af sodat dit lekker dik kan kook. Bottel terwyl dit nog warm is.

Resep: Louise Groenewald

Foto en nota: Leon Kotzé
Ek het addisioneel knoffel by gesit en van die bestaande bestanddele vermeeder na smaak. Volgende keer sal ek Elize van Wyk se voorstel volg en die bruin asyn vervang met nog balsamieseasyn.

Nota:  Elize Van Wyk
Het net Balsamieseasyn gebruik ipv helfte bruin en helfte Balsamic! Ek het wit uie gebruik. Die pickling sprice meng met die uie en stroop, want dit raak lekker dik, so nie nodig om onder in te gooi nie. Hele mengsel is dikkerig as jy dit bottel.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page