LOUISE SE KOOLSLAAI PLUS
Ek noem dit Koolslaai Plus.
- 1 x 300 g pakkie koolslaai (wortel en kool, gekerf)
- ½ koppie mayonnaise
- 3 eetlepels olyfolie
- splash druiweasyn
Mayonnaise kan na smaak gebruik word. Ek het die mengsel van mayonnaise, olyfolie en druiweasyn gebruik, persoonlike smaak. Dit gee vir my ‘n ligter en varser slaai. Ek hou nie van koolslaai wat verdrink in mayonnaise nie.
Jy kan regtig enige iets byvoeg wat in jou yskas is. Ek het bygevoeg:
- ¼ groot komkommer, blokkies gesny
- 1 klein groen rissie, blokkies gesny
- 6 klein tamaties, gesny (cocktail)
- 6 rooi radyssies, gesny
- 6 “sugar snap peas”, gesny
- 2 spriet uitjies, gekerf
- 1 selderystingel, gekerf
- 1 handvol pietersielie, fyngekap
- ‘n knippie rooipeper
- pienk sout
Jy kan ‘n teelepel of twee suiker byvoeg as jy wou. Ook rosyntjies of bosbessies.
Meng alles saam, sit in die yskas sodat die geure lekker kan trou, en bedien.
Resep en foto: Louise Groenewald