LORRAINE SE VISPASTEI
Ek sukkel om ‘n lekker vispastei resep te kry. Vandag het ekself hierdie een gemaak en was heimlik verras. Uitgekom net soos ek daarvan hou.
- 3 snye brood
- 1 blik sardyne in tamatiesous, grate verwyder, behou sous
- 1 medium ui
- 1 eier
- sout en peper
- Ekstra:
- 4 groot aartappels
Week die brood in water en druk water uit.
Sny uie fyn.
Meng al die bestanddele bymekaar en sit in vuurvaste oondbak.
Kook die aartappels en maak kapokaartappels daarmee. Skep bo-op die vismengsel en maak gelyk.
Bak vir so 30 minute in oond by 180°C tot aartappelkors ligbruin raak.
Bedien met slaai of groente of gegeurde rys.
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand