LORRAINE SE LASAGNE
Het weer vandag lasagna gemaak vir familie wat kom kuier het. Bly maar lekker om daardie laaste sous met ‘n stukkie vars Franse brood te eet. En natuurlik ‘n mengelslaai en goeie wyn.
- 500 g maalvleis
- 1 groot ui, gekap
- 1 teelepel knoffel
- 1 teelepel Italiaanse kruie
- olie
- sout en peper
- 2 blikkies tamatiepasta
- 1 liter dik kaaswitsous
- lasagne velletjies
Braai uie, knoffel, maalvleis, sout en peper, kruie in olie tot gaar en bruin. Voeg tamatiepasta by en bietjie water en kook vir 5 minute. Mengsel moet soos dikkerige sop wees.
Laag 1:
Skep ± 1 soplepel vol maalvleis op bodem van oondskottel. Die laag kan maar lekker loperig wees.
Laag 2:
Plaas rou velletjies lasagne langs mekaar, breek in helfte waar nodig en as oondskottel ronde punte het, breek af tot dit lekker pas.
Laag 3:
Maalvleismengsel
Laag 4:
Witsousmengsel
Herhaal laag 2 – 4 tot bo en rasper dan gerasperde kaas bo-op.
Ek maak sulke dwars strepe bo-op van gerasperde cheddarkaas, Italiaanse Kruie/oreganum/parmesan Kaas.
Bak vir halfuur – driekwartuur by 180°C.
Bedien met groenslaai en vars olyfbrood.
Nota:
Gebruik sous so bo vir spaghetti bolognaise (sonder die kaassous en lasagnavelle)
Genoeg vir een pak spaghetti (250 g droog)
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand