Your Recipe Blog

LORRAINE SE BOONTJIESOP

LORRAINE SE BOONTJIESOP

Ek ♡♡♡♡ die Kaapse nat winters. Boontjiesop en vetkoek.

  • 1 pakkie (500 g) suikerboontjies
  • 3 liter kookwater
  • 500 g beesskenkelvleis met bene
  • 500 g skaapskenkels of stowevleis
  • 1 groot ui
  • 1 blokkie bief-ekstrak
  • 1 blikkie tamatiepasta
  • 25 ml Bisto
  • 10 ml Worcestersous
  • sout en peper

Week bone oornag in water.
Volgende dag, bebruik 2 liter water en kook die bone sonder sout tot sag.
Voeg vleis, bief-ekstrak by en voeg res van water (1 liter) by en kook verder tot vleis en bone baie sag is.
Meng tamatiepasta, bruinsouspoeier, Worcestersous, sout en peper by en kook vir 10 minute.
Bedien soos verkies, maar heerlik saam met vetkoek.

Foto en resep: Lorraine Weitz Brand

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page