Your Recipe Blog

LORAINE SE KAAS, SPEK EN HAM MINI BROODJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 minute | Servings: 10 - 12 broodjies

LORAINE SE KAAS, SPEK EN HAM MINI BROODJIES

Resep en fotos: Loraine Groenewald Roelofse

  • 310 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 4 gesnipperde sprietuie
  • 350 g gerasperde Cheddarkaas
  • 125 g gesnipperde spek
  • 125 g gesnipperde ham
  • 5 ml mosterdpoeier
  • 4 eiers, geklits
  • sout en peper na smaak
  • 10 ml soetrissiesous
  • 5 ml olie
  • 60 ml karringmelk
  • Verhit oond tot 180°C en smeer mini broodpannetjies met olie.
  • Sif die koekmeel en bakpoeier saam.
  • Roer die sprietuie, Cheddarkaas, spek en ham saam. Moenie die spek gaarmaak nie, aangesien dit die broodjies geur terwyl die deeg gaar word.
  • Meng eiers, sout, peper, mosterdpoeier, soetrissiesous, olie en karringmelk in ‘n beker.
  • Giet by meelmengsel en meng goed.
  • Skep lepels vol deeg in die voorbereide mini broodpannetjies en bak vir 20 min, of tot toetspen skoon uitkom.
  • Laat afkoel en keer uit op afkoelrak.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page