LORAINE SE KAAS, SPEK EN HAM MINI BROODJIES
- 310 ml koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- 4 gesnipperde sprietuie
- 350 g gerasperde Cheddarkaas
- 125 g gesnipperde spek
- 125 g gesnipperde ham
- 5 ml mosterdpoeier
- 4 eiers, geklits
- sout en peper na smaak
- 10 ml soetrissiesous
- 5 ml olie
- 60 ml karringmelk
Verhit oond tot 180°C en smeer mini broodpannetjies met olie.
Sif die koekmeel en bakpoeier saam.
Roer die sprietuie, Cheddarkaas, spek en ham saam.
Moenie die spek gaarmaak nie aangesien dit die broodjies geur terwyl die deeg gaar word.
Meng eiers, sout, peper, mosterdpoeier, soetrissiesous, olie en karringmelk in ‘n beker.
Giet by meelmengsel en meng goed.
Skep lepels vol deeg in die voorbereide mini broodpannetjies en bak vir 20 min, of tot toetspen skoon uitkom.
Laat afkoel en draai uit op droograk.
Resep en fotos: Loraine Groenewald Roelofse