Your Recipe Blog

LOHAMIE SE TUISGEMAAKTE VODKA

Prep: 4 Dae |

LOHAMIE SE TUISGEMAAKTE VODKA

Dit het ‘n effense soet smaak met die stroop van die perskes. Hy is bitter lekker, loop soos stroop.

  • 4 – 5 groterige aartappels se skille (net die skille)
  • 1 blikkie perskes met stroop
  • 1 kg witsuiker
  • 9 liter water
  • 1 pakkie kitsgis

Meng al die bestanddele.
Laat staan vir 4 dae.
Filtreer en bottel.
Geniet.

Resep en foto: Lohamie Burger Olivier

31 Reviews

  1. Frans wood

    Gaan dit probeer moet die houer geseel Bly vir 4dae?

    Star
    • Frans ek stel voor dat jy nie iets wat gis in het, se houer styf seël nie, jy mag dalk ‘n ontploffing veroorsaak. Geniet dit, laat weet hoe was hy na 4 dae asb?

  2. Chris

    My projek is nou aan die gang. Dit het so melkerige voorkoms maar ruik baie skerp. Is dit normaal en as dit deur n lap gooi, sal die vloeistof helder begin raak?

    Groete, Chris

    • Chris van die mense se hulle sin was melkerig, en dan filter hulle dit 4 keer, blykbaar skop hy dan ekstra lekker :)… hoop alles kom lekker.

  3. Chris

    Dagse dames. My produk het nou 4 dae gestaan en is deur n doek gegooi. Dit is egter nog melkerig en ek wil weet of mens dit op n manier kan helder kry soos vodka? Kan u miskien advies gee?

    Baie dankie en groete. Chris.

    • Chris ek het wel gesien dat van die mense dit self tot 4 keer deur die doek gooi, ek het nie eerstehandse kennis nie, maar probeer gerus, anders maak oë toe en geniet 🙂
      Laat weet asb, miskien sal hy ook helder raak as hy staan, wonder maar net.

  4. Chris

    More Rina. Is daar moontlik n manier waarop ek jou via epos of telefoon kan beryk? Ek het nog so een of twee vrae oor die vodka brousel.

    Groete. Chris

    • Hi Chris, jy is welkom my epos is info@yourrecipeblog.com
      Ek het dit nog nie self gemaak nie, en dit is dalk beter om vir Lohamie die vra te vra, maar jy is welkom om my te kontak dan kyk ons wat ons kan doen.
      Groete

  5. christiaan

    More,ek en my verloofde het die resep probeer,maar die konkoksie het geelerig uitgekom,ons het dit 4 keer deur n doek laat strain,maar dit het geelerig gebly met geen skop

    Star
    • Baie Jammer om te hoor want so baie mense het dit al met sukses gemaak, ek self het dit nog nie probeer nie, so dalk moet jy op die groep vra of hulle jou dalk kan raad gee asb?

  6. ricardo arends

    how can i filter my vodka i dont have the equipment to do it and i also making my own gin and vodka with some fruit in it for the taste

    • More… Die maklikste is om ‘n skoon papier vadoek in ‘n paar lae binne in ‘n sif te sit en so jou vodka te filter, kaasdoek sal ook werk. Hoop jy kom reg.

  7. Elize du Toit

    Goeiemore, ek vind as die weer koud is trek hy nie reg nie en dan het hy niks skop nie want hy gis nie reg nie, my beskeie mening.

  8. Gerhard

    Hi.hvl liter maak die resep en kan mens ander tipe vrugte ook gebruik

    Star
  9. Gerhard

    Watse grootte blikkie perskes of vrugte as mens ander vrugte kan gebruik

    Star
  10. Gerhard

    Hallo Rina, ok baie dankie ek wardeer.
    Kan mens enige vrugte gebruik ook

    Star
    • Ja Gerhard ek glo die meeste blikkies vrugte sal perfek werk, laat weet asb wanneer jy gemaak het en plaas vir ons ‘n mooi foto en terugvoer asb?

  11. Gerhard

    Hallo Rina, moet dit in n warm vertrek staan?.
    My brousel nou gemaakhy staan in die tuimeldroeër vertrek so sal xtra hitte kry ook.nou bewolk en reenerig

    Star
    • Gerhard, ek sou dit net in ‘n kamertemperatuur vertrek laat staan, onthou daar gaan ‘n gis proses plaasvind en hitte kan dalk net te erg wees, as dit baie koud is, ander saak, maar wees maar versigtig.

  12. Gerhard

    Hallo Rina.
    Ek het vir jou n email ook gestuur vanoggend .hoe weet ek of die vodka reg sal wees teen dag 4 en dat hy klaar gegis het

    Star
    • Gerhard soos jy aan die naam kan sien dit is Lohamie se resep, ek het dit nog nooit self gemaak nie, sal probeer om by Lohamie ‘n antwoord vir jou te kry. Jammer ek kan nie help nie.

  13. Gerhard

    Is reg so dankie.
    Jy nie dalk kontak besonderhede van haar nie

    Star
    • Ongelukkig nie, het haar probeer “friend” op fb, maar sy antwoord nog nie, ek gaan aanhou probeer.

  14. Gerhard

    Hi Rina, jy sê die vodka raak sterker as hy meer filtreer word?.sal filter koffie se tregter sakkie werk om die vodka tesuiwer?.ek gooi dit deur n fyn tafeldoek 3keer al en nog melkerig

    Star
    • Hare was ook melkerig, lyk my dit is maar soos dit is, die koffie filters sal ook werk maar as dit melkerig deur die kaasdoek kom sal dit maar so bly…

  15. Gerhard

    Oh ok dankie

  16. Gerhard

    Hi Rina.
    Myne ryk of hy so suur reuk het en hy maak gas in bottel ook

    Star
    • Hi Gerhard
      Nee gits ek kan jou ongelukkig regtig nie help nie, as hy suur ruik dink ek nie dit is reg nie, het jy probeer om met Lohamie kontak te maak? Regtig jammer ek het nog nie die resep self gemaak nie.

  17. teuns

    Hello mense, all hoe jy dit suiwer skoon sal kry is met distilasie, en as jy nie weet wat jy doen met dit kan jy dalk net methanol drink, die melkerige kleur is normaal en hoe langer jy staan hoe sterker gaan hy word

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page