LIZA SE LEKKERSTE PANNEKOEKE
Ek het dit vandag gemaak en wraggies nie 1 flop nie en so lig en lekkerrrrrr. Ewe lekker met soet- of soutvulsels.
- 2 koppies koekmeel, gesif
- 2 koppies melk
- 2 eiers
- 1 koppie water
- 2 eetlepels olie
Ek het melk, water, olie en eiers baie goed geklits en met die meel gemeng.
Bak pannekoek soos normaal in warm pannekoek pan.
Foto en resep: Liza Botes
Category: