LITCHIE- EN HOENDERGEREG
“Vroulief het vir aandete vir ons hierdie heeeeeerlik litchie en hoener gereg gaar gemaak en ekt dit oor ‘n mik gelaaik. Was baaaaaie lekker!
Dit lyk maar vaal en bleek, maar is djeeeeeeerlik. Dien op bo-op slaaiblare en geniet hierdie heerlike lekkerte. Hmmmmm“
- 15 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 1 eetlepel knoffelpasta of fyn stukkies nat winkelknoffel
- 1 teelepel matige kerriepoeier
- 1 blikkie litchies (565 g)
- 1 eetlepel blatjang
- ½ koppie mayonnaise
- 1 koppie room (jy kan jogurt ook gebruik)
- 750 g hoenderborsies, in stukke gesny
Braai die hoender in olyfolie vir sewe minute of totdat dit gaar is.
Voeg sout en peper by, na smaak.
Braai die uie en knoffel en voeg dan die kerrie by. Roer goed.
Dreineer die blikkie litchies en sny die heel litchies in halwe stukkies.
Voeg die litchie-sap by en kook die sap af totdat die dis geurig lyk en ruik.
Roer die blatjang, mayonnaise en room by.
Voeg die gaar hoenderstukke en die litchies by en meng.
Bedien as ligte ete of as ‘n bykos.
Resep en foto: Gideon Louw