Your Recipe Blog

LIQUIRICE KOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 minute

LIQUIRICE KOEK

Die kliënte het hierdie koek vreeslik geniet vandag in my koffiewinkel en hier is die resep.

  • 2 ½ koppies koekmeel
  • 1 ½ koppies suiker
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1 teelepel kakao
  • ½ teelepel sout
  • 1 koppie karringmelk
  • 2 eiers
  • 1 ½ koppies olie
  • 1 teelepel witasyn
  • 25 ml swart voedsel kleursel
  • 1 teelepel vanilla
  • 1 ½ teelepels anys geursel

Sif al die droë bestanddele saam in een bak en meng nat bestanddele in aparte bak.
Voeg droë bestanddele by nat bestanddele en meng goed tot romerig. (Hierdie is ‘n taamlike stywerige deeg, maar vloeibaar genoeg).
Skep in twee voorbereide koekpanne en bak in vooraf verhitte oond 180ºC vir 35 min.

  • Versiering:
  • 2 houers roomkaas
  • 2 ½ koppies versiersuiker
  • 1 ½ teelepels anys geursel

Meng goed en smeer heel afgekoelde koek.
Res van dekorasie is jou besluit. Ek het liquirice strips en swart eetbare sparkles gebruik.

Wenk:
Proe deeg en versiering gereeld om seker te maak die smaak is nie te erg nie, maar werklik die moeite werd.

Eie resep en foto van Mari Cook

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page