Your Recipe Blog

LIPLEK TAMATIEHOENDER

LIPLEK TAMATIEHOENDER

  • 5 hoenderfilette, in repe gesny
  • sout en peper na smaak
  • olie, om in te braai
  • 2 uie, in ringe gesny
  • 1 groen soetrissie, in repe gesny
  • 150 ml water
  • 30 ml suiker
  • 60 ml blatjang
  •  30 ml Worcestersous
  • 50 ml tamatiesous
  • 30 ml tamatiepasta

Geur die hoenderrepe met sout en peper en braai in verhitte olie tot rondom bruin. Skep uit en hou eenkant.
Soteer die uie en soetrissie in olie tot sag.
Voeg die res van die bestanddele by en verhit tot kookpunt. Roer gereeld.
Verlaag die hitte, voeg die hoender by die sous en prut tot sous verdik en hoender gaar is.
Dien op met rys en groente.

Resep en foto’s:  Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page