Your Recipe Blog

LINDA SE FLOPVRYE SKONS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 minute

LINDA SE FLOPVRYE SKONS

  • 2 koppies koekmeel
  • ½ teelepel sout
  • 3 teelepels bakpoeier
  • ⅓ koppie olie
  • ⅔ koppie melk
  • 2 eiers
  • ½ koppie kaas

Sif droë bestanddele saam.
Meng nat bestanddele saam en meng in by die meelmengsel.
Skep in voorbereide pannetjies.
Bak 10 min in 200 ºC oond.

Nota:
Vir variasie sit roommielies by en minder melk of knoffel en pietersielie.

  • Om 5 maal te vermeerder:
  • 10 koppies koekmeel
  • 2 ½ teelepels sout
  • 15 teelepels bakpoeier
  • 1 ¾ koppie olie
  • 450 ml melk
  • 10 eiers
  • 2 – 3 koppies gerasperde kaas

Metode soos bo.

Nota van Pieta:
Indien die deeg bietjie te slap is, sit maar nog meel by tot ‘n bietjie stywer deeg.

Resep: Linda Grobbelaar
Foto: Pieta van der Walt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5