“LIGTE BYT” PEPERSOUS / DOOPSOUS
Sousie met so ligte byt, heerlik saam met hoender- en visvingers.
- 3 groot ryp tamaties, geskil
- 1 groot ui, geskil en gekap
- 1 groot groen soetrissie, gekap
- 3 jalepino’s peppers
- 4 Bishops crown peppers
- 2 klein rissies na smaak
- 3 stukke son gedroogte tamaties
- 5 ml basiliekruidpesto
- 5 ml coriander pesto
- 5 ml korrelmosterd
- 2.5 ml gekapte knoffel
- 20 ml olyfolie
- 2 koppies witasyn
- 1 koppie suiker
- sout en vars gemaalde swart peper na smaak
Plaas die asyn en suiker in ‘n pot en kook tot suiker opgelos is.
Voeg die res van die bestanddele by, draai hitte af en kook stadig tot alles sag gekook het.
Laat afkoel, sit in voedselverwerker en maak lekker fyn.
Indien verkies, kan mens dit terug skep in die pot en die sousie bietjie dikker maak met bietjie Maizina wat in koue water opgelos is en saam met die mengsel gekook is.
Bottel warm, of bêre in die yskas indien koud gebottel.
Resep en foto: Rina Kleinhans