Your Recipe Blog

LIEN SE KARRINGMELKBESKUIT

Recipe by
Cook: 60 min

LIEN SE KARRINGMELKBESKUIT

Resep en foto:  Lien Bruwer
Ek plaas weer op versoek my karringmelkbeskuit resep soos my resep en soos ek dit bak. Die paar stukkies beskuit op die bordjie, is my gedroogde beskuit.

  • 3 kg bruismeel
  • 4 koppies suiker (jy kan bruinsuiker ook gebruik of die suiker verminder)
  • 1 eetlepel sout
  • 1 kg margarien
  • 1 liter karringmelk (of Amasi werk net so goed)
  • 7 eiers ( ipv 6, die ekstra een werk beter)
  • 1 eetlepel anyssaadjies (dit kan jy self bepaal indien verkies)
  • Smelt die margarien oor lae hitte.
  • Voeg die karringmelk/amasi by en klits goed.
  • Voeg die geklitste eiers by en meng goed.
  • Meng die droë bestanddele saam in ‘n knie skottel.
  • Voeg die margarienmengsel by die droë bestanddele, meng en knie goed deur.
  • Maak bolletjies en pak in voorbereide panne. (nota onder aan)
  • Bak dit vir 1 uur by 180°C.
  • Hier is my éié persoonlike wenke.
  • Ek gebruik gewone gróót broodpanne en pak 13 x 3 rye bolletjies.
  • Ek weeg elke bolletjie en dit moet dus tussen 40 en 42 g elk weeg. Dit maak die breek van die gaar beskuit makliker
  • Ek rol nie die bolletjies te styf nie, vandaar die vlokkerige voorkoms.
  • Ek maak die volgepakte beskuitpanne toe met ‘n klam vadoek, dit verhoed uitdroging.
  • Ek laat nie die beskuit vooraf rys nie, dit rys maar so in die panne terwyl ek weeg en rol.
  • Die beskuit moet heeltemal afgekoel wees voordat dit gebreek kan word en op die oond se rakke gepak word.
  • Droog by 70°C vir 4 ure in die oond, waarvan die deur nie heeltemal toe is nie.

Ek hoop almal verstaan nou beter.
Lekker bak en lekker eet.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page