LEWERWORSSMEER
Aan almal wat ‘n lewerwors resep soek. Hier is hy.
- 2 groot uie, gekerf en gaar gebraai
- 1 beeslewer, in hompe gesny
- peper, sout en asyn na smaak
- ‘n goeie skoot uitgebraaide sagte vet
- 2 tot 2½ koppies of gesmelte botter, of helfte botter helfte goeie kookolie
Kook die beeslewer in ‘n groot pot water tot net gaar. Haal uit. Hou water.
Maal uie en lewer 2 maal saam.
Voeg die peper, sout, asyn en sagte vet by.
Voeg ook die gesmelte botter, of helfte botter helfte goeie kookolie by. Meng goed.
Stop in dik beesderms. Nie te styf nie. Bind met n toutjie stewig toe.
Kook in die kastrol kookwater tot derm gaar is.
Nota:
Ek het sommer later die lewer in bakkies gesit en net dit wat ek gebruik, uitgehou en die ander in die vrieskas gehou. Dit moet wees 2 tot 3 koppies smeer wees of meer. Hoe meer smeer hoe sagter is die lewersmeer.
Resep: Kotie Theron