LEWERKOEKIES MET SPINASIE
- 500 g gemaalde lewer
- 250 g vars gekookte spinasie goed dreineer
- 1 medium ui gerasper
- ¼ koppie fyn broodkrummels
- ¼ koppie bruin uiesoppoeier
- 5 ml bakpoeier
- sout (nie te veel nie aangesien die soppoeier ook sout bevat) en peper na smaak
- olie vir vlakbraai
Voeg alles saam in mengbak en meng goed deur.
Verhit olie en voeg lepels vol (nie te veel) in olie en bak weerskante tot gaar en mooi bruin.
Foto en resep: Lettie Terburgh
Category: