LEWER IN NETVET (SKILPADJIES)
- netvet
- 1 skaap- of lamslewer
- 1 ui, opgesny
- 1 sny brood
- knypie fyn naeltjies
- raspertjie neutmuskaat
- sout en peper na smaak
Giet sterk louwarm water in ‘n skottel en laat lê die netvet in die warm water vir ‘n paar minute om sag en hanteerbaar te raak.
Verwyder die netvet uit die water en maak dit droog met kombuispapier.
Sny die netvet op in 6 cm stukkies.
Maal die lewer, ui, brood, speserye, sout en peper deur ‘n handmeultjie of elektriese meul.
Skep lepelsvol van die gegeurde fyn lewer op die netvet stukkies.
Rol die gevulde netvet op en steek dit vas met ‘n tandestokkie.
Braai die skilpadjies stadig oor matige kole of in ‘n dikboompan op die stoof tot gaar en goudbruin van kleur.
Nota:
Indien jy die skilpadjies eerder wil oorgevou, sal daar ‘n dik klomp vet aan die eenkant wees. Die vet braai alles uit gedurende die braaiproses en die lekkerte bly oor.
Resep getoets en foto: Martie Fourie Moolman