LESLEY SE ONGEBAKTE KAASKOEK
- Kors:
- 2 pakke gemmerkoekies of Tennis koekies, fyngedruk
- 180 ml gesmelte botter
Meng saam en druk onder en teen die kante van ‘n tertbak vas. Plaas in vrieskas vir ten minste 10 minute.
- Vulsel:
- 2 bakkies laevet roomkaas
- 1 ¼ blik kondensmelk
- 75 ml vars gedrukte suurlemoensap
- ¼ teelepel vanielje poeier of 1 teelepel vanilla ekstrat
Klits die roomkaas met ‘n elektriese klitser tot glad. Meng die kondensmelk geleidelik by en daarna die suurlemoensap en vanilla.
Skep mengsel in die voorbereide kors, bedek met plastiek en stol vir 3 ure in die yskas.
Versier soos verkies.
Foto: Lesley-Ann Fortuin