Your Recipe Blog

LENSIE EN BOTTERSKORSIE BOBOTIE

Recipe by
90 minute
Cook: 30 minute

LENSIE EN BOTTERSKORSIE BOBOTIE

  • 2 eetlepels olyfolie
  • 2 uie, fyn gesny
  • 2 knoffeltoontjies
  • 25 g kerriepoeier
  • 2 teelepels fyn gemmer
  • 4 teelepels komyn
  • 2 eetlepels gemaalde koljander
  • 2 lourierblare
  • 1 kg botterskorsie, in blokkies gesny
  • 1 ½ koppie bruinlensies
  • 30 g blatjang
  • 750 ml hoenderaftreksel
  • 3 eiers
  • 300 ml melk
  • sout en peper

Verhit die olyfolie, braai die uie en knoffel tot sag.
Voeg al die speserye by en roerbraai vir so ‘n minuut lank.
Voeg botterskorsie en lensies by en roer.
Voeg die hoenderaftreksel, blatjang en loerierblare by.
Voeg sout en peper na smaak by.
Prut vir 45 – 60 minute tot lensies sag is.
Verhit jou oond gedurende die proses na 200°C.

Skep die lensiemengsel oor in ‘n diep oondbak.
Klits die melk en eier saam en giet dit bo-oor die lensiemengsel.
Plaas in oond en bak vir 30 minute tot eiermengsel gaar en bruin is.
Bedien met geelrys en ‘n bietjie blatjang, klapper en piesang.

Resep en fotos: Ingrid Lübbe

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page