Your Recipe Blog

LENIE SE PYNAPPELTERT

LENIE SE PYNAPPELTERT

  • 1 pakkie pynappel jellie
  • 1 pakkie tennisbeskuitjies
  • 1 blik (380 g) ingedampte melk
  • 1 blik (440 g) fyn pynappel

Dreineer die fyn pynappel en giet die  stroop  in ‘n kastrol met die inhoud van die pakkie jellie daarin en kook tot jellie op gelos is. Laat heeltemal afkoel.
Klits Idealmelk en tot styf.
Voeg die afgekoelde jellie en fyn pynappel by die melk.
Meng goed. Pak tennis beskuitjies in ‘n tertbak.
Skep die pynappel mengsel oor. Maak die res van die beskuitjies wat oor is fyn en strooi oor mengsel.
Plaas in die yskas om koud te word en te stol.

Notas:
Melanie Kennerly
Ek voeg ½ koppie strooisuiker by die ingedampte melk. En krummel ‘n paar koekies bo-oor vir die mooi.
Leoni van Niekerk
Ek voeg een pakkie vanilla kitspoeding by die ingedampte melk, dit help om vinniger te stol.

Resep en 2de foto: Lenie van Heerden
Hoof foto: Melanie Kennerly

One Review

  1. Laetitia

    Ek vervang soms die pynappel jellie met suurlemoen jellie en ek meng ook ‘n blik karamelkondensmelk in die mengsel, my ma het dit altyd vir ons gemaak en vandag nog wil my groot en getroude kinders “ouma se poeding” eet, dankie vir die lekker resepte en idees!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page