Your Recipe Blog

LEMON MERINGUE TERT

LEMON MERINGUE TERT

(Lewer een 22 cm tert)

  • Kors:
  • 1 pakkie tennis beskuitjies
  • 110 ml gesmelte margarine
  • 2 ml gerasperde suurlemoenskil
  • Vulsel:
  • 1 blik kondensmelk
  • 100 ml vars suurlemoensap
  • 2 eiergele
  • Meringue:
  • 3 eierwitte
  • 1 ml sout
  • 1 ml kremetart of suurlemoensap
  • 75 ml strooisuiker

Vooraf verhit die oond tot 180º C.
Breek 6 koekies in ‘n sakkie op ‘n slag (los 7 oor). Smelt die botter .
Meng 2 ml suurlemoen skil (grof gerasper) by koekiekrumels in.
Meng krummels en botter. Druk plat in bak en maak rand skoon (kors moet selfde dikte wees).
Sit die kors in oond vir ongeveer 10 minute.
Meng die kondensmelk en suurlemoen sap in ‘n medium grote bak en klits goed met  ‘n whisk.
Skei 3 eiers in 3 bakkies. Voeg 2 eiergele by diekondensmelkmengsel en meng goed (gooi ander een weg).
Haal kors uit oond as dit bruin is. Skep die kondensmelkmengsel in die kors.
Klits die eierwitte tot sagtepuntstadium. Voeg die kremetart en sout by en klits verder. Klits tot punte omvou wanner jy die klitser oplig en voeg dan teelepel vir teelepel suiker by terwyl jy klits.
Skep die eierwit op die vulsel en maak punte of druk op met piping bag, sit die tert terug in die oond tot punte bruin is.

Resep – My sussie se matriek eksamen resep en my foto Michelle Feast
Hoof foto:  Chantal Theron

Nota: Ek het 2 eetlepels papawersaad bygevoeg in die kors van die tert.

One Review

  1. Hendri Le Roux
    Dankie!! Ek het hom probeer vandag! Dit is ‘n wenner!!‍

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page