LEMON MERINGUE TERT MET ‘N ZESTY KORS
Gebruik ‘n tertbord van so ongeveer 23 cm.
- Kors:
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies
- ½ koppie botter
- 1 teelepel gerasperde suurlemoenskil
- Suurlemoenvulsel:
- 1 blikkie kondensmelk (385 g)
- ½ koppie suurlemoensap
- 1 teelepel gerasperde suurlemoenskil
- 4 eiergele
- knippie sout
- Meringue bolaag:
- 4 eierwitte
- ½ teelepel kremetart (cream of tartar)
- knippie sout
- ½ koppie (125 ml) strooisuiker
- ½ teelepel vanilla geursel
Kors:
Maak die beskuitjies fyn, smelt die botter en meng die suurlemoenskil in en druk dit vas in die tertbord.
Suurlemoenvulsel:
Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam tot goed gemeng. Klits die eiers liggies en klits dit in die kondensmelkmengsel in. Voeg die sout by. Klits saam tot die tekstuur dik en romerig is.
Bo-laag:
Klits die eierwitte, kremetart en sout tot skuimerig. Voeg die suiker geleidelik by en hou aan klits totdat die suiker opgelos, en die eierwitte styf en blink is. Voeg die vanilla by.
Skep die meringue op die suurlemoenbasis en maak seker dit gaan tot op die kante – die kors moet geseël wees.
Bak teen 180 °C vir 12 – 15 minute. Die meringue moet effens bruin begin word. Laat afkoel
Wenke:
Eiers teen kamertemperatuur klits makliker en gee ook ʼn groter volume.
Maak seker die suiker in die meringue is opgelos voordat jy dit bak – as daar nog suikerkristalle is, gaan die tert “huil” of soos die Ingelse sê “weep”.
Sif ‘n klein bietjie meelblom (Maizena) oor die suurlemoen en kondensmelk voordat jy die meringue opskep; dit keer dat die meringue loskom.
Resep en foto: Tosca de Villiers