Your Recipe Blog

LEMOENSNIPPER MARMELADE

LEMOENSNIPPER MARMELADE

Lekker soet Lemoensnipper Marmelade gemaak. Gebruik kleinerige soet lemoene met dun skil.

  • soet dun skil lemoene
  • suiker
  • suurlemoensap

Vier verdeel en ontpit die lemoene en sny die kwarte met skil en al in baie smal repies op.
Weeg die hoeveelheid af en voeg 700 ml water by elke 250 ml lemoenrepies.
Bedek die mengsel en week oornag.

Verhit die mengsel die volgende dag tot kookpunt en kook dit in toe kastrol tot goed sag.
Laat weer oornag staan.

Weeg volgende dag af en voeg 500 g witsuiker by elke 500 g lemoenmengsel.
Plaas in kastrol op die stoof en verhit stadig, roer tot suiker opgelos is.
Kook nadat die suiker heeltemal opgelos is, taamlik vinnig in oop kastrol tot dit jel wanneer bietjie in ‘n koue piering getoets word.
Roer gereeld. Voeg 25 ml suurlemoen sap by.

Skuim af, laat bietjie afkoel, bottel warm en verseël in goed voorbereide bottels.

Resep en foto: Ricky Greyling

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page