LEMOENKOEKIES
- 100 g botter of margarien
- 120 ml strooisuiker
- 380 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- knippie sout
- 1 ekstra groot eier
- fyn gerasperde skil van 1 lemoen
- 15 ml vars uitgedrukte lemoensap
Voorverhit oond tot 180 ºC en bespuit bakplate met kleefwerende kossproei.
Verroom die botter en strooisuiker tot lig en romerig.
Voeg die eier by en klits goed.
Sif die droë bestanddele saam oor die bottermengsel.
Voeg die lemoenskil en lemoensap by.
Meng goed tot ‘n hanteeerbare deeg (voeg nog bietjie lemoensap by as deeg te droog is).
Vorm okkerneut-grootte balletjies en rangskik op voorbereide bakplate.
Druk met ‘n vurk bietjie platter.
Bak ± 15 min tot gaar.
Laat afkoel op bakplaat.
Lewer 24 koekies.
Resep en foto: Amanda Austen












