Your Recipe Blog

LEMOENKOEK MET VERSUIKERDE LEMOENSKYWE

Recipe by
Cook: 30-35 minute

LEMOENKOEK MET VERSUIKERDE LEMOENSKYWE

  • 5 lemoene
  • 2 ½ koppies suiker
  • 125 ml water
  • knippie kaneel
  • 2 ekstragroot eiers
  • 4 teelepels vars lemoensap
  • 2 teelepels gerasperde lemoenskil
  • 1 teelepel sout
  • 2 koppies gesifte koekmeel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • 60 ml olie
  • 1 ½ koppies kookwater
  • 2 opgehoopte eetlepels botter
  • kaneelsuiker

Voorverhit jou oond tot 180°C.
Sny 3 lemoene in dun skyfies. Plaas in ‘n pot met 1 koppie suiker en ‘n half koppie water.
Kook vir ongeveer 20 minute totdat die wit van die lemoenskil deurskynend is en die suikerwater effens taai borrels maak. Roer gereeld met ‘n houtlepel om te verhoed dat die mengsel aanbrand. Voeg ‘n knippie kaneel by.
Sodra die lemoene reg is, haal uit die stroop en laat dit afkoel. Hou stroop en lemoene eenkant.
Neem nou 2 lemoene, rasper die skil dun af en hou eenkant vir die beslag.
Druk die lemoene se sap uit en hou ook eenkant.

Klits die eiers, oorblywende suiker, lemoensap, lemoenskil en sout saam vir 10 minute tot lig en donserig.
Vou die koekmeel met ‘n metaal gaatjielepel by die eiermengsel in en roer deur tot al die meel ingemeng is.
Strooi bakpoeier oor die mengsel en voeg olie by.
Voeg laastens die koekwater by en meng alles goed deur met ‘n metaallepel.

Spuit ‘n ringpan en bestrooi mildelik met kaneelsuiker op die bodem en kante.
Pak nou die afgekoelde lemoenskyfies op die bodem en teen die kante van die ringpan.
Skep die koekmengsel bo-op die lemoenskyfies en bak vir sowat 30 – 35 minute. Toets met ‘n toetspen indien nodig.
Voeg nou die stroop van die lemoene, die res van die lemoensap asook botter in ‘n pot en kook stadig vir sowat 15 minute. Laat eenkant staan terwyl die koek in die oond is.
Skink die warm stroop oor die koek sodra dit uit die oond is en laat staan vir sowat 2 minute sodat die stroop goed kan intrek.
Keer die koek uit op ‘n opdienbord en bedien saam met bietjie styf geklopte room.

Resep en foto: Esmarie Friedrichs

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page