LEMOENKOEK MET STROOP
My Ma is vreeslik lief vir lemoenkoek en ek het ‘n spesifieke resep wat ek altyd bak. So ruk terug het ek hierdie resep raak geloop, wat ek effens aangepas het. Moet sê ek sal nooit weer ‘n ander een bak nie! Ek deel dit graag met julle.
- Beslag:
-
375 ml koekmeel
-
7.5 ml bakpoeier
-
knippie sout
-
4 groot eiers
-
45 ml margarien
-
185 ml melk
-
10 ml lemoenskil
-
250 ml suiker
-
Stroop:
-
375 ml suiker
-
250 ml water
-
250 ml lemoensap
-
45 ml margarien
Sit koek net so met panne in yskas tot koud.
-
Versiersel:
-
500 g versiersuiker
-
125 g margarien
-
lemoensap
Klits margarien en voeg versiersuiker bietjies bietjies by om die beurt met lemoensap. Sodra regte dikte, klits tot romerig en versier koek soos verkies.
Resep en foto: Elaine Steyn













