Your Recipe Blog

LEMOENKOEK MET LEMOENSAP

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute

LEMOENKOEK MET LEMOENSAP

Maak altyd die koek 1 dag vooruit sodat alles kan set.
Koek: genoeg vir ‘n klein koek in ‘n ring pan.

  • 1½ koppies koekmeel
  • 200 ml suiker
  • 200 ml lemoensap
  • 4 eetlepels olie
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 2 eiers
  • sout
  • gerasperde skil van 1 lemoen

Koek:
Klits eiers en suiker saam, voeg vloeistowwe by en klits weer.
Voeg dan droë bestanddele by en meng goed.
Bak op 180°C vir so 30 minute.

Versiersel:
Versiersuiker met lemoensap aangemaak.
Kakao en versiersuiker met water aangemaak.
Die versiersel is nie sekere hoeveelheid nie, net klomp versiersuiker met bietjie bietjie water of sap tot slap genoeg.
As ek moet raai seker so 5 eetlepels versiersuiker.
Die sjokolade een het baie meer kakao in as versiersuiker om dit ‘n donker sjokolade te maak.
Het sitrus skil oorgestrooi.

  • Lemoen skywe:
  • 2 koppies suiker
  • 2 koppies water
  • 2 lemoene, in dik skywe gesny

Plaas die suiker en water in ‘n pot.
Sodra dit kook, voeg lemoenskywe by en kook op matige hitte vir so 30 minute.
Stel hitte na laag en prut tot lemoene glanserig is.
Draai skywe gereeld om.
Haal skywe uit en pak op rakkie. Los vir tot 2 dae om droog te word.

Foto en resep na smaak:  Nicolene Mynhardt Steyn

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page