Your Recipe Blog

LEMOENKELKIE IDEE VIR ‘N KINDERPARTYTJIE

LEMOENKELKIE IDEE VIR ‘N KINDERPARTYTJIE

Ek het vandag vir ons ‘n lemoenkelkie gemaak en dit met lemoene uit my eie tuin.
Sny die lemoen se kop af en maak dit op soos ‘n beertjie se kop. Ek het twee drukspykers vir oë gebruik.
Sny die res van die lemoen soos ‘n beertjie sodat dit ‘n bakkie vorm en stut die kop aan die agterkant teen die lyf met ‘n tandestokkie.
Sny twee ronde stukkies skil en sny kepies in die kop en druk die stukkies skil in die kepies vir ore.
Gebruik die ander end deel en maak met ‘n sosatiestokkie ‘n sambreeltjie en druk dit in die sy van die lemoen.
Gebruik die stukkies skyfies wat uit die lyf uitgesny is en sny dit in stukkies om die lyf deel mee op te vul.
Sprinkel ‘n bietjie suiker oor die stukkies en siedaar ‘n lekker lemoenkelkie.

Idee en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page